Setup Menus in Admin Panel

In terme van pastorale berading kan die problematiek gekoppel aan die area van seksualiteit waarskynlik bo-aan die lys wees. Talle slagoffers van byvoorbeeld, verkragting, molestering, aborsies en miskrame dra die gevolge van sulke trauma die res van hul lewens. Die jongste navorsing het byvoorbeeld aangedui dat een uit twee persone gemolesteer was – heel dikwels sonder die nodige begeleiding agterna. Die oogmerk van hierdie kursus is gevolglik om persone wat ‘n passie vir andere se emosionele verwonding het, toe te rus om pastorale begeleiding te kan bied veral aan diegene wat deur seksuele trauma geraak is. Die kursus is baie sterk praktykgerig met talle praktiese voorbeelde wat telkens as toepassing dien van basiese teoretiese uitgangs-punte geskoei op Bybelse vertrekpunte. Afgesien van die akademiese toerusting wat hierdie kursus bied, hou dit ook ‘n groot stuk persoonlike geestelike groei en verryking in – u mag nie hierdie geleentheid misloop nie!

Klik op die volgende skakel vir meer volledige besonderhede rakende hierdie Jaarkursus:

Jaarkursus gefokus op seksualiteit

 

 

Course Curriculum

No curriculum found !
PRIVATE COURSE
  • PRIVATE
  • 10 Days
0 STUDENTS ENROLLED

    Course Progress

    top
    © Wentzel Coetzer. All rights reserved.
    X