Om voltyds in die bediening te staan het mettertyd as gevolg van ʼn verskeidenheid van faktore al meer stres en uitdagings tot gevolg gehad. Omdat leraars in hul opleiding ook nie altyd die nodige toerusting ontvang het veral in sekere belangrike areas wat veral verband hou met emosies nie, lei dit daartoe dat ʼn al groter getal persone voortydig die bediening bedank en uitstap. Dit lei dan dikwels ook tot ʼn geloofskrisis en twyfel rondom die vraag of ek aanvanklik God se stem reg geïnterpreteer het rakende my roeping. In hierdie kursus kom talle van hierdie aspekte aan die orde, en is die aspekte wat bespreek word uiters aktueel met betrekking tot elke voornemende leraar, asook diegene wat reeds in die bediening staan.
JAARKURSUS GEFOKUS OP DIE PASTOR IN KRISIS
Klik op die volgende skakel om die struktuur van hierdie kursus te sien: