Description
Original price was: R650.00.R600.00Current price is: R600.00.
Die inhoud van hierdie kursus is gebaseer op Dr Claudia Black se boek, It will never happen to me. Growing up with addiction as youngsters, adolescents, adults. As iemand wat self opgegroei het in ʼn huis waar daar verslawing was, is haar aanbieding gebaseer enersyds op eie praktiese ervaring as kind in ʼn huis met ʼn verslaafde pa, en andersyds op deeglike akademiese navorsing tesame met jarelange ervaring in die praktyk. Teen hierdie agtergrond word daar telkens dan ook in die kursus gelet op tersaaklike pastorale implikasies.