Setup Menus in Admin Panel

Trauma bande impliseer lojaliteit en gebondenheid aan ‘n destruktiewe persoon. Iemand raak soms betrokke in ‘n destruktiewe verhouding waar sy emosioneel en fisies afgetakel en misbruik word. Almal rondom haar sien al die rooi ligte en nogtans keer sy telkens weer terug na die viktimiseerder. Waarom? Navorsing toon aan dat daar ‘n traumaband kan wees wat haar as’t ware ‘vasbind’ aan die viktimiseerder.
Volgens Patrick Carnes, in sy boek, Betrayal Bonds, is daar ‘n aantal kenmerke wat daarop sou kon dui dat ‘n persoon betrokke is in ‘n ongesonde verbintenis met ‘n betekenisvolle ander persoon:
– Daar is ‘n konstante patroon van gebrekkige prestasie by die ander persoon en nogtans gaan jy voort om teenoorgestelde beloftes te glo.
– Ander blyk ontsteld te wees ten opsigte van wat met jou gebeur het terwyl jyself klaarblyklik nie ontsteld is nie.
– Jy voel vasgevang aangesien die ander persoon voortgaan met destruktiewe aksies terwyl jy van mening is dat jy niks daaraan kan doen nie.
– Jy probeer baie hard om die ander persoon te verander om minder destruktief te wees en om hul verslawing te termineer of nie meer ‘n misbruiker (abuser) te wees nie.
– Jy is voortdurend betrokke in kompeterende en aftakelende gevegte met die ander persoon wat deur niemand gewen word nie.
– Dit blyk dat jy nie in staat is om jouself los te maak vanaf ‘n sekere persoon nie, selfs al kan jy hom/haar nie vertrou nie en selfs al hou jy nie eens van hom/haar nie.
– Wanneer jy wel sou probeer om hierdie persoon te verlaat dan kom jy agter dat jy hom/haar mis tot op ‘n punt waar die drang na daardie persoon so intens raak dat dit vir jou voel asof dit jou gaan verswelg.
Hierdie is ‘n uiters aktuele saak binne sekere verhoudings, sekere huwelike en selfs binne sekere kerklike families. In hierdie kursus word enersyds gefokus op tipiese kenmerke van hierdie probleem, en andersyds op algemene praktiese en pastorale riglyne ter begeleiding van slagoffers.

Die struktuur van hierdie kursus sien soos volg daar uit:

 

HOOFSTUK 1: INLEIDING                                                                             

  • Die Stockholm sindroom     
  • Die negatiewe kant van ‘bonding’     
  • Tipiese situasies en kontekste     
  • Aktualiteit     
  • Definiëring van ‘n trauma band     

 

HOOFSTUK 2: DIE BINDINGSPROSES (ATTACHMENT PROCESS)              

  • Die teorie rondom binding (attachment)                                                      
    • Die genetiese faktor          
    • Belangrike faktore betreffende binding          
    • Venster-geleentheid wat benut moet word          
    • Wat gebeur indien die venster-geleentheid nie benut word nie?
    • Klassifisering van binding (attachment)          
    • Watter invloed het mishandeling en verwaarlosing op binding?
    • Hou bindingsprobleme altyd verband met mishandeling en verwaarlosing?
    • Die belangrikheid van positiewe bande                                              
  • Die rol van oksitosien               
    • Risiko faktore                                                                                     
    • Belangrikheid van die veld van sosiale neurowetenskap                             
    • Voorkoms van binding by vleirotte                                                    
    • Oksitosien en PTSD          
    • Toekomstige navorsing rondom oksitosien          
  • Verdere insigte betreffende die biologiese impak van onverwerkte trauma                                                                           

HOOFSTUK 3: WAT TRAUMA AAN MENSE DOEN                                       

  • Agt wyses waarop trauma mense beïnvloed     
    • Trauma reaksie          
    • Trauma plesier / stimulering (arousal)                                                  
    • Trauma blokkering          
    • Trauma fragmentering (splitting)          
    • Trauma weerhouding (abstinence)          
    • Trauma skaamte (shame)          
    • Trauma repetisie          

 

HOOFSTUK 4: SIMPTOME, KENMERKE EN GEVOLGE VAN TRAUMA BANDE

                 

HOOFSTUK 5: TIPIESE SITUASIES BEVORDERLIK VIR DIE VESTIGING VAN TRAUMA BANDE                                                                                  

  • Onlogiese of sinnelose lojaliteit     
  • Aanduidings van die aanwesigheid van traumabande               
  • Traumabande as verslawend     
    • Vyf belangrike realiteite rondom traumabande          
      • Traumabande figureer selde alleen     
      • Traumabande en hul bondgenote kan ‘n lewenspatroon word
      • Traumabande kan langtermyn gevestig raak     
      • Enige persoon is potensieel ‘n kandidaat vir traumabande     
      • Traumabande nie noodwendig altyd sleg nie, maar gefokus op oorlewing
  • Tipiese situasies waarbinne traumabande voorkom     
    • Narsisme          
    • Mensehandel (human trafficking)          
      • Doelwitte               
      • Die afbreek proses     
      • Intervensie strategieë               
      • Struikelblokke tydens die helingsproses                                   
      • Konklusies     

 

HOOFSTUK 6: TAKTIEK EN STRATEGIE VAN DIE VIKTIMISEERDER          

  • Die slagoffer word beroof van besluitnemingsvermoë               
  • Versterking en bekragtiging van traumabande     
    • Twee belangrike kenmerke          
    • Verskuiwing van magsbalans          
    • ‘n Sosiale slagyster          
    • Deur trauma gebind soos met ‘n rek          
    • Walker se drie fases          

 

HOOFSTUK 7: ALGEMENE PRAKTIESE RIGLYNE                                       

  • Algemene riglyne     
  • Riglyne vir ‘n herstelplan deur Patrick Carnes     
    • Verdere stappe op die pad van genesing          
      • Herstelplan rondom trauma reaksie     
      • Herstelplan rondom stimulering (arousal)     
      • Herstelplan rondom blokkering van emosies     
      • Herstelplan rondom fragmentering (splitting)     
      • Herstelplan rondom weerhouding (deprivation / abstinence)
      • Herstelplan rakende skaamte / vernedering (shame)     
      • Herstelplan rakende repetisie kompulsie                         

 

HOOFSTUK 8: PRAKTIESE RIGLYNE RAKENDE KINDERS                          

  • Versorg en vertroetel sulke kinders (nurture)          
  • Probeer eers die gedrag verstaan voordat strafmaatreëls toegepas word
  • Interaksie met sulke kinders moet plaasvind in ooreenstemming met hul emosionele ouderdom
  • Wees konsekwent (consistent), voorspelbaar en herhalend (repetitive)
  • Modelleer en onderrig gepaste sosiale gedrag          
  • Maak tyd om te luister en te praat met hierdie kinders          
  • Realistiese verwagtinge ten opsigte van hierdie kinders          
  • Wees geduldig met die kind se vordering en met jouself                    
  • Jy moet na jouself ook omsien          
  • Maak ook gebruik van ander bronne          

 

 HOOFSTUK 9: PASTORALE PERSPEKTIEWE                                              

  • Trauma en verraad op geestelike terrein     
  • Gebedsriglyne     
    • Identifiseer moontlike blokkasies rondom binding tussen moeder en kind
      • Probleme rakende binding tussen moeder en kind    
    • Vra dat God die struikelblok uit die weg ruim                              
    • Vra vir God om ‘n ‘nuwe’ geboorte ervaring                                        
  • Samevattend     

 

BYLAAG A: Posttraumatiese stres indeks                                                   

BYLAAG B: Die ontwikkelingsproses van traumabande                              

BYLAAG C: Belangrike webbladsye rakende traumabande                         

BRONNELYS                                                                                                 

 

Course Curriculum

No curriculum found !

Course Reviews

N.A

ratings
  • 5 stars0
  • 4 stars0
  • 3 stars0
  • 2 stars0
  • 1 stars0

No Reviews found for this course.

TAKE THIS COURSE
  • R340.00
  • 10 Days
0 STUDENTS ENROLLED

    Course Progress

    top
    © Wentzel Coetzer. All rights reserved.
    X