- Home
- Product
- Jaarkursus gefokus op Vroue en Kinders wat Misbruik is
Jaarkursus gefokus op Vroue en Kinders wat Misbruik is
R10,500.00 Original price was: R10,500.00.R10,300.00Current price is: R10,300.00.
Die huidige krisis rondom die misbruik van vroue en kinders in Suid-Afrika het die afgelope jare dramaties toegeneem en is tans ‘n ernstige sosiale probleem. Statistieke wys dat geweld teen vroue en kinders op skrikwekkende vlakke is, met baie jong vroue wat ook die hoof slagoffers van seksuele misbruik en ander vorme van mishandeling is. Sosio-ekonomiese faktore soos armoede, werkloosheid en beperkte toegang tot opvoeding dra by tot die kwesbaarheid van hierdie groepe. Navorsing toon dat byna 78% van vroue wat mishandel word, ook nie die nodige behandeling of beskerming ontvang nie, terwyl die strafregtelike stelsel ook nie effektief genoeg is om oortreders te vervolg nie. Die stigma rondom mishandeling lei ook dikwels daartoe dat slagoffers hul lyding stilhou terwyl toegang tot dienste soos berading en veilige skuilings beperk is – al hierdie faktore kompliseer die krisis soveel te meer. Indien jy ʼn passie het rondom hierdie tema en ook toegerus wil word om ʼn verskil in sulke vroue en kinders se lewens te maak, dan is hierdie kursus vir jou – moet daarom nie dat hierdie geleentheid by jou verbygaan nie.