- Home
- Product
- Jaarkursus gefokus op Kinders en Jongmense - Deel 2
Jaarkursus gefokus op Kinders en Jongmense – Deel 2
R10,500.00 Original price was: R10,500.00.R10,300.00Current price is: R10,300.00.
In Jaar-1 van ons Jaarkursus gefokus op Kinders en Jongmense het ons gefokus op die oorweldigende pyn waarmee kinders en jongmense soms worstel – pyn en trauma wat in talle gevalle reeds voorgeboortelik ʼn aanvang geneem het. In hierdie Opvolgjaar word daar gefokus op ʼn aantal verdere kritiese areas waar kinders en jongmense emosionele letsels kan opdoen en wat hulle met hul saamneem die res van hul lewe indien daar nie begeleiding sou plaasvind nie. Sommige van die kritiese areas sluit in verslawing, selfdood, aandagafleibaarheid, eetver-steurings, emosionele verwonding, ens. Besondere klem word ook gelê op praktiese riglyne met die oog op begeleiding en heling. Persone wat besonder baat sal vind by hierdie kursus is diegene wat reeds Jaar-1 suksesvol afgehandel het, asook jeugleraars, jeugwerkers, beraders by skole, kategete, onderwysers, Sondag-skoolonderwysers, maatskaplike werkers asook pastorale beraders wat op kinders en jongmense gefokus is.