- Home
- Product
- Jaarkursus gefokus op Kinders en Jongmense - Deel 1
Jaarkursus gefokus op Kinders en Jongmense – Deel 1
R11,000.00 Original price was: R11,000.00.R10,300.00Current price is: R10,300.00.
Talle persone loop rond met maskers in ’n poging om die dam van pyn te verberg wat net onder die oppervlakte van hul gemoedere versteek lê. Hierdie pyn hou so dikwels verband met gebeure wat reeds voorgeboortelik of andersins op ’n baie vroeë stadium in hul lewens plaasgevind het. Omdat dit nooit hanteer is nie, het dit uiteindelik soos ’n septiese wond geword waarop mettertyd die een pleister na die ander geplak is. Kinder- en tienerjare is die mees kwesbare stadiums vir trauma, verwerping en emosionele verwonding en vervolgens vind die meeste skade gedurende hierdie fases van mense se lewens plaas. In hierdie kursus word in besonder gefokus op hierdie vroeë lewensfases. Persone wat besonder baat sal vind by hierdie kursus is jeugleraars, jeugwerkers, beraders by skole, kategete, onderwysers, Sondagskoolonderwysers, maatskaplikewerkers, pastorale beraders wat op kinders gefokus is, ens.