In hierdie kursus word gefokus op die vernietigende effek van verwerping wat sekere persone alreeds sedert kinderjare ervaar het en die fatale gevolge gedurende die volwasse jare. Daar word veral gefokus op die volgende drie navorsers se bydraes op hierdie terrein:
Dr John Bradshaw se beskrywing van verwerping en sy gebruikmaking van die geneagram om te illustreer hoedat hierdie probleem uiteindelik oor vier geslagte kan manifesteer, in sy boek, Toxic shame.
Dr Gregory Jantz se beskrywing van die hoofoorsake van emosionele verwonding en verwerping in sy boek, Healing the scars of emotional abuse.
Prof David Seamands se beskrywing van die prestasie-slagyster as een van die uitvloeisels van verwerping in sy boek, Freedom from the performance trap.
Riglyne ten opsigte van die pastorale begeleiding van persone wat op hierdie wyse emosioneel verwond geraak het, word dan ook aan die orde gestel. Die kursus word gerig enersyds op persone met ‘n belangstelling in berading (leraars, maatskaplike werkers, jeugwerkers, beraders, ens), en andersyds ook op diegene wat moontlik self antwoorde soek betreffende sekere van die areas wat in die kursus hanteer word.
Klik op die volgende skakel om die struktuur van die kursus te sien:
Course Curriculum
Course Reviews
No Reviews found for this course.