Setup Menus in Admin Panel

Die probleem rondom boelie het die afgelope aantal jare al meer aktueel geraak in ons skole. Namate die Internet al meer prominent begin raak het, het daar ook ‘n al groter skuif begin plaasvind vanaf fisiese boelie na kuberboelie toe. Navorsing toon aan dat 88% van tieners wat gebruik maak van sosiale media by geleentheid waargeneem het hoedat daar soms wreed en gemeen gereageer word via sosiale netwerke. 15% het aangedui dat hulle persoonlik kuberboelie ervaar het gedurende die voorafgaande 12 maande. 32% van die leerders aangedui dat hulle by geleentheid onderweg skool toe, of by die skool deur ‘n ander leerder geslaan is. In die literatuur is daar ook verskeie voorbeelde van kinders wat reeds hul eie lewens geneem het as gevolg van treitering en boelie, hetsy fisies of via die Internet.
Teen hierdie agtergrond word daar in hierdie kursus gefokus op aspekte soos die volgende:

– Aktualiteit binne SA – statistieke en omvang
– Motiewe en aanleidende redes tot boelie
– Kenmerke van die tipiese teiken
– Kenmerke van die tipiese boelie
– Indien jou kind die boelie is
– Praktiese riglyne – voorgestelde model vir elke skool
– Pastorale riglyne

Die struktuur van hierdie kursus sien soos volg daar uit (persone ontvang die handleiding sowel as ‘n stel CD’s):

 

HOOFSTUK 1 – INLEIDENDE PERSPEKTIEWE                                             

  • Historiese aanloop     
  • ‘n Verskuiwing na kuberboelie                                   
  • Die bydraende rol van ‘anonimiteit’ op die Internet     
  • Aktualiteit binne Suid-Afrika               
  • Prins William se inisiatief     
  • Statistieke en omvang     
    • Kuberboelie begin al vroeër                                                               
    • Die eerste ‘cyber cop’                                                                         

 

HOOFSTUK 2 – DEFINIËRING EN MOTIVERING                                           

  • Definiëring     
    • Boelie oor die algemeen          
    • Kuberboelie                                                                                        
    • Kubertreitering (cyberstalking)                                                          
    • Internet ‘troll
  • Motiewe en aanleidende redes tot boelie               
  • ‘n Parallel tussen aanlyn boelie en fisiese boelie     

 

HOOFSTUK 3 – TIPIESE TEIKENS EN HUL KENMERKE                                

  • Kenmerke van die tipiese teiken     
  • Redes waarom hulle kwesbaar is     
  • Kenmerke en simptome van die kind wat geboelie word     
    • Die impak en gevolge van boelie                                                        
    • Boelie raak die gesin                                                                          

 

HOOFSTUK 4 – KENMERKE VAN DIE TIPIESE BOELIE                                

  • Kenmerke en simptome van boelies     
  • Die boelie se werkswyse     
  • Die boelie se ondersteuners               
    • Gevolge vir bystanders en toeskouers                                               
  • Indien jou kind die boelie is     
    • Gesprekvoering met jou kind          
    • Empatie moet gekweek word          

 

HOOFSTUK 5 – PRAKTIESE RIGLYNE          EN VOORGESTELDE MODEL                   

  • Ouers moet nie naïef wees nie     
  • Riglyne deur die National Crime Prevention Council     
  • Mobilisering van bystanders en vestiging van ‘n gedragskode     
  • Riglyne vir wanneer jou kind geboelie word     
  • Die belangrikheid van ‘n gestruktureerde anti-boelie program by skole
    • Olweus se model                                                                                
      • Die Boelie Voorkoming Koördinering Komitee (BVKK)     
      • Toerusting en opleiding     
      • Gebruikmaking van vraelyste     
      • Personeel diskussiegroepe     
      • Skoolreëls     
      • Klaskamerbyeenkomste     
      • Direkte ingrype en opvolgaksies     
      • Ouerlike betrokkenheid     
      • Volwassene/kind interaksie                                            
      • Betrokkenheid van kenners     
      • Verdere kenmerke en sub-doelwitte van Olweus se program
      • Resultate     
    • Wat kan jou kind leer vanuit ‘n negatiewe situasie?          

 

HOOFSTUK 6 – PASTORALE RIGLYNE                                                        

  • Die kind se identiteit in Christus     
  • Swak dissipline en ‘n gebrek aan grense               
  • Kinders moet geleer word wat aanvaarbaar is en wat nie     
  • Die toerusting en skoling van jongmense     
  • Behandel ander soos jyself behandel wil wees     
  • Hoe Jesus Christus boelies hanteer het     
    • Die situasie in die tempel                    
    • Jesus verdedig vir Maria          
    • Jesus kom op vir Malchus          
  • Samevattend     
    • Daar is hoop          

 

BYLAAG A –  Gesin Internet veiligheidskontrak                                           

BYLAAG B –  Die Olweus boelie vraelys                                                       

BYLAAG C –  Boelie vraelyste                                                                      

BYLAAG D –  Belangrike webbladsye en kontakgegewens                           

 

BRONNELYS                  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Course Curriculum

No curriculum found !

Course Reviews

N.A

ratings
  • 5 stars0
  • 4 stars0
  • 3 stars0
  • 2 stars0
  • 1 stars0

No Reviews found for this course.

TAKE THIS COURSE
  • Original price was: R650.00.Current price is: R600.00.
  • 10 Days
0 STUDENTS ENROLLED

    Course Progress

    top
    © Wentzel Coetzer. All rights reserved.
    X