Hierdie is ‘n epidemie wat besig is om toe te neem onder jong-mense. Vir talle word dit die wyse waarop hulle ontvlug van emosionele pyn aangesien dit tydelike verligting bied. As gevolg van die afskeiding van pynstillende chemiese bestanddele in die brein lei dit egter tot verslawing. Dertig tot veertig jaar gelede was mediese dokters en terapeute in ‘n groot mate vasgevang in die soeke na antwoorde vir anorexia en bulimie asook die ontwikkeling van behandeling strategieë. Tans is ons in die midde van ‘n soortgelyke proses betreffende self-mutilasie. Die psigiater Joshua Weiner, beskryf hierdie probleem as “… the anorexia and bulimia of the new millennium.”
In hierdie kursus kyk ons na die pastorale begeleiding van die-gene wat hier vasgeval het. Aspekte waaraan aandag gegee word, is onder andere die volgende:
– Die belangrikheid van ‘n holistiese benadering
– Aktualiteit en statistieke
– Definiëring en terminologie
– Redes waarom jongmense self-mutilering toepas
– Tekens wat sou kon dui op ’n probleem
– Dinamika van die proses
– Wees voorbereid op terugvalle
– Praktiese riglyne en behandelingsprogram
– Pastorale perspektiewe
Die kursus sluit ‘n handleiding en ‘n stel klankbane in. Die koste van die kursus is R400. Klik op die volgende skakel ten einde die struktuur van hierdie kursus te sien: