Setup Menus in Admin Panel

Statistieke met betrekking tot die misbruik, verwaarlosing, molestering en verkragting van kinders het die afgelope aantal jare die hoogte ingeskiet. Die verantwoordelikheid met betrek-king tot die begeleiding van sulke kinders het oorweldigend krities geraak vir ouers, die kerk in die breë, onderwys owerhede, maatskaplike dienste en almal wat verder op een of ander wyse by kinders betrokke is. Getraumatiseerde en emosioneel verwonde kinders is geneig om hul onverwerkte pyn uit te reageer en indien hierdie noodkrete nie korrek geïnterpreteer word nie dan is die gevolg gewoonlik sterker dissiplinerende- en strafmaatreëls. In hierdie verband toon die navorsing aan dat indien ‘n kind wat reeds getraumatiseer is (of met onverwerkte rouprosesse of met depressie worstel) dan ook nog gestraf en streng gedissiplineer word, dit tot her-traumatisering kan lei en die bestaande probleem sodoende net verder kompliseer.
Hierdie tipe situasie verg gevolglik besondere wysheid en onderskeidingsvermoë. Die inhoud van hierdie kursus is gevolglik daarop gefokus om aan diegene wat by kinders be-trokke is, ‘n aantal belangrike riglyne te bied ten einde in staat te wees om onder die leiding van die Heilige Gees, tesame met die toepassing van die nodige praktiese insigte, stukkende en ver-wonde kinders te kan begelei tot heling, restourasie en nuwe lewensvreugde.

Die kursus sluit ‘n handleiding en ‘n stel CD’s in. Klik op die volgende skakel ten einde die struktuur van hierdie kursus te sien:

 

Getraumatiseerde kinders – Struktuur

Course Curriculum

No curriculum found !

Course Reviews

N.A

ratings
  • 5 stars0
  • 4 stars0
  • 3 stars0
  • 2 stars0
  • 1 stars0

No Reviews found for this course.

TAKE THIS COURSE
  • R340.00
  • 10 Days
0 STUDENTS ENROLLED

    Course Progress

    top
    © Wentzel Coetzer. All rights reserved.
    X