Die problematiek rondom Generasie Bagasie (intergenerasie trauma) hou verband met die feit dat ouers dikwels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding. Dit kan ‘n proses wees wat oor jare strek en die kinders en klein-kinders wat dan binne so ‘n familie opgroei, word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van hierdie onverwerkte trauma. Indien sodanige trauma nie hanteer word nie dan toon die navorsing dat dit as’t ware ‘n ‘pakkie pyn’ word wat onbe-wustelik aan die kinders en kleinkinders ‘oorhandig’ word – dit kan weer lei tot probleme op emosionele, geestelike of fisiese terreine. ‘n Geneagram is dan ook ‘n handige hulpmiddel om te probeer vasstel hoeveel onverwerkte pyn en trauma binne ‘n sekere familie aanwesig mag wees. In hierdie kursus word daar op verskillende aspekte in hierdie verband gefokus en voorge-stelde pastorale riglyne word geformuleer aan die hand waar-van persone begelei kan word wat geraak is deur generasie bagasie.
Die kursus sluit ‘n handleiding en ‘n stel CD’s in. Klik op die volgende skakel ten einde die struktuur van hierdie kursus te sien:
Course Curriculum
Course Reviews
No Reviews found for this course.