Waar is die areas waar meeste huwelikspare moedeloos raak? Wat is die emosionele bagasie wat ons elkeen in die huwelik indra? Wat is die patrone wat hulself oor en oor herhaal in meeste huwelike en uiteindelik lei tot groot hartseer en spanning? In hierdie seminaar word hierdie vrae beantwoord aan die hand van talle praktiese voorbeelde terwyl daar geput word uit 35jr se berading van huwelikspare. Die inhoud van die kursus sal veral fokus op die volgende hoofmomente:
– Fisiese bagasie uit die verlede
– Emosionele bagasie uit die verlede
– Seksualiteit
– Konflikhantering
– Kommunikasie
– Die emosionele bankrekening
– Verbondshuwelik vs ‘n kontrak huwelik
– Indien ons twee weer sou kon trou
Die kursus is gerig enersyds op persone met ‘n belangstelling in berading (leraars, maatskaplike werkers, jeugwerkers, beraders, ens), en andersyds ook op voornemende huwelikspaartjies asook diegene wat al ‘n ent gevorder het op die huwelikspad.