Hierdie kursus is grootliks gebaseer op die boek, Helping those in grief, deur Norman Wright. Verder word daar ook gebruik gemaak van stof wat aangebied is tydens die Internasionale Konferensie van die AACC in Nashville in 2009 in ’n lesing deur Jennifer Cisney en Kevin Ellers, twee trauma terapeute, in ’n treffende gesamentlike lesing met die titel, Lost grievers: helping hurting people through unrecognized losses. Aspekte wat in hierdie kursus aan die orde gaan kom is onder andere die volgende:
Verliese waaroor daar nie gerou is nie
Die verlies van ’n droom
Verlies na ’n beroerte aanval
Die verlies van identiteit (byvoorbeeld na ’n beroerte-aanval)
Die verlies van ’n troeteldier
Verliese na ’n egskeiding
Verliese na die dood van ’n eks-huweliksmaat
Verliese gekoppel aan die leë-nes-sindroom
Die afwesigheid van ’n ritueel of ’n seremonie
Die belangrike onderskeid tussen instrumentele en intuïtiewe treurendes – help persone om hul rou-patrone te ontdek
Traumatiese rou-reaksies
Die belangrikheid van dubbelsinnige/tweevoudige verlies (ambiguous loss)
Pastorale riglyne ten einde diegene te begelei wat worstel met onverwerkte verliese
Die kursus sluit ‘n handleiding en ‘n stel CD’s in. Klik op die volgende skakel ten einde die struktuur van hierdie kursus te sien:
Course Curriculum
Course Reviews
No Reviews found for this course.