Die inhoud van hierdie kursus sluit nou aan by Deel 1 van die kursus met dieselfde titel. Hier word onder andere ook gefokus op die problematiek rondom verslawing.
Die gees, denke en emosies van ons jongmense is van kritiese belang. Indien die vyand suksesvol sou wees in sy aanslag op hierdie terrein dan het dit ver-nietigende implikasies vir generasies wat nog kom. Navorsing toon aan dat de-pressie onder tieners met 300% toegeneem het die afgelope 50 jaar; dat ʼn proses van desensitisering met 40% toegeneem het die afgelope tien jaar, hoof-saaklik as gevolg van oormatige blootstelling aan geweld op skerms; dat die voorkoms van selfsny binne ʼn bestek van 10 jaar toegeneem het in epidemiese omvang; dat selfdood statistieke onder tieners die afgelope paar jaar die hoogte ingeskiet het. Hierdie is maar net enkele van die rooiligte en noodkrete waarop hierdie kursus fokus met die doel om ouers, onderwysers, leraars, beraders, maatskaplike werkers, ens., attent te maak en ook toe te rus vir hierdie massiewe uitdaging.
Klik op die volgende skakel ten einde die struktuur van hierdie kursus te sien:
Course Curriculum
Course Reviews
No Reviews found for this course.



