Setup Menus in Admin Panel

In pastorale berading word beraders en leraars so dikwels gekonfronteer met die ‘waarom-vraag’. Vanuit beradenes se verhale blyk dan dat ‘n milieu van toksiese godsdiens in talle gevalle ver in die verlede reeds die ongesonde atmosfeer geskep het waarin God deurgaans die eerste aangeklaagde was – Hy word kwalik geneem vir alle pyn, verliese en trauma. Ouers het soms ook van kleintyd af as ‘n laaste uitweg wanneer geen ander maatreëls meer effektief was nie, God ‘bygetrek’ as af-skrikmiddel vir kinders wat ongehoorsaam was. Aan hulle is dan in detail uitgespel hoe Hy hulle sou straf en hoe Hy oor hulle optrede voel. Die godsbeeld waarmee talle sulke persone uiteindelik die volwasse lewe in is was gevolglik negatief, koud en gevoelloos – iemand wat net altyd dophou waar jy ‘n tree verkeerd gee sodat jy gestraf kan word. Sulke persone worstel oor die algemeen ook in die latere jare om ‘n intieme ver-houding met hierdie kwaai en veraf God te probeer handhaaf.
Hiermee saam was daar dikwels ook ‘n menigte van gods-dienstige reëls en regulasies wat stiptelik nagekom moes word ten einde aan die nodige geestelike standaarde te voldoen. In die proses is die doelpale deurgaans geskuif en het so ‘n per-soon net nooit gevoel dat hulle dit ooit ‘gemaak’ het nie. Al hierdie pogings het dan ook plaasgevind ten koste van ‘n intieme verhouding met God die Vader, waar Sy werklike per-soonlik-heid ervaar en geken kon word.
Die slagoffers van toksiese godsdiens is oorweldigend in getalle en my gebed is dat hierdie kursus aan begeleiers die nodige insig en toerusting sal gee om diegene wat op hierdie slagveld verwond geraak het, te kan bystaan en begelei na heling en vryheid in Christus.

Die kursus sluit ‘n handleiding en ‘n stel CD’s in. Klik op die volgende skakel ten einde die struktuur van hierdie kursus te sien:

 

Toksiese godsiens – struktuur

Course Curriculum

No curriculum found !

Course Reviews

N.A

ratings
  • 5 stars0
  • 4 stars0
  • 3 stars0
  • 2 stars0
  • 1 stars0

No Reviews found for this course.

TAKE THIS COURSE
  • R340.00
  • 10 Days
0 STUDENTS ENROLLED

    Course Progress

    top
    © Wentzel Coetzer. All rights reserved.
    X