Setup Menus in Admin Panel

Vergifnis – Pastorale Riglyne

R340.00

[social_buttons]

Description

Om te kan vergewe na ‘n groot onreg is enersyds een van die moeilikste geestelike take. Andersyds is die resultate gewoonlik bevrydend en helend. Om vir jare lank te worstel met bitterheid en wrokke is vernietigend, nie slegs wat die persoon se gees en emosies betref nie maar ook liggaamlik. In die bespreking van die tema van vergifnis in hierdie kursus word onder andere oortuigende wetenskaplike bewyse aan die orde gestel ter ondersteuning van die feit dat mense uiteindelik ook liggaamlik ‘n groot prys kan betaal vir die vertroeteling van haat en onvergewensgesindheid. Volgens die Christen psigiater Dr Paul Meier, kan dit op die langtermyn die dieper oorsaak wees van selfs iemand se fisiese dood. Diegene wat egter gewaag het om te vergewe, kan gewoonlik getuig van nuwe geestelike ontdekkings, groei en deurbrake. Lewis Smedes verwoord iets hiervan as hy sê: “To forgive is to set a prisoner free and discover that the prisoner was you.” Vir talle het so ‘n stap die deur geopen tot ‘n nuwe geestelike avontuur en  verdieping saam met Christus. In hierdie boek is daar talle soortgelyke getuienisse.

Wanneer ons hierdie punt bereik het dan trek die Gees gewoonlik vir ons die gordyn ‘n bietjie groter oop ten einde die groter prentjie te kan sien. Dit help ons dan ook saam met Jesus te kan bid: “Vader, vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.” ‘n Verdere gevolg is dat daar ‘n passie begin groei met betrekking tot die oortreder se situasie. Smedes beskryf dit soos volg: “You will know that forgiveness has begun when you recall those who hurt you, and feel the power to wish them well.” My bede is dat hierdie kursus aan jou die moed sal gee om saam met die Gees van God te begin waag om te vergewe en vry te spreek.

Die struktuur van hierdie kursus is die volgende:

 

HFST 1: INLEIDENDE PERSPEKTIEWE       

  • Inleidend
  • Die belangrikheid van ‘n rouproses
    • Weerstand teen die rouproses
    • Wraak fantasie
    • Vergifnis fantasie                                                           

HFST 2: BELANGRIKE FAKTORE EN PERSEPSIES                                                                                                                   

  • Wat vergifnis is                                                                                                               
  • Wat vergifnis nie is nie
  • Wanneer is daar ‘n behoefte aan vergifnis?
  • Vrugte van onvergewensgesindheid
  • Vergifnis en liggaamlike probleme
  • Persepsies en faktore wat vergifnis kan blokkeer

 HFST 3: RIGLYNE TER BEVORDERING VAN DIE VERGIFNISPROSES                                                                                                                   

  • Beelde wat die vergifnis proses kan bevorder                                                                                  
  • Skriftelike vergifnis
  • Vergifnis is ‘n krisis en ‘n proses
  • Vergifnis as ‘n wilsdaad
  • Die verband tussen vergifnis en sekere neurochemiese reaksies
  • Vergifnis wanneer die ander persoon reeds oorlede is
  • Die aftakelende invloed van skuldgevoelens
  • Selfvergifnis
  • Bitterheid en opstand teenoor God
  • Die krag van belydenis en vergifnis
  • Verander die ‘waarom’ vraag na ‘wie is U Here?’

HFST 4: OMHELS DIE PYN – DIE ROUPROSES                                                                                     

  • Om van die pyn te ontvlug
  • Om die pyn te konfronteer
  • Om in die pyn in te stap – sewe stappe van die rouproses
    • Breek deur ontkenning                                                                                                          
    • Die herwinning van pynlike herinneringe herinneringe                                                  
    • Woede moet toegeëien word                                                                                             
    • Identifiseer die skuldiges en erken ook eie skuld                                                                
    • Treur oor jou verliese                                                                                                         
    • Onderhandeling                                                                                                         
    • Om in ʼn put van depressie af te sak
  • Om met jou pyn aan die voet van die kruis te staan

 HFST 5: VADER, VERGEWE HULLE – DIE VERGIFNIS PROSES                                                                                                                   

  • Die nege stappe van vergifnis
  • Voorbereiding tot vergifnis                                                                                                         
    • Kyk die feite in die oë
    • Identifiseer die emosies wat betrokke was
    • Ervaar en verbaliseer die pyn
    • Konfronteer jou haat
  • Die hart van vergifnis                                                                                                         
    • Deurleef die pyn
    • Stel grense in plek om jouself te beskerm
    • Ons spreek diegene vry wat ons verontreg het
  • Om van vooraf te begin                                                                                                         
    • Om verantwoordelikheid vir onsself te aanvaar
    • ʼn Begeerte na versoening 

HFST 6: JULLE MOET JUL VYANDE LIEFHÊ                                                                                          

  • Hoe weet ons wanneer ware vergifnis inbeweeg het?
  • Om te vergewe aan die voet van die kruis
  • Om nie kwaad met kwaad te vergeld nie
  • Om die oortreder te seën
  • God se riglyne triomfeer, ongeag die omstandighede

HFST 7: SKYNENDE LITTEKENS                                                                                                                   

  • Deur swakheid kom krag na vore
  • Die wyse waarop ons littekens soos skynende bakens word
  • Praktiese riglyne

 

 

top
© Wentzel Coetzer. All rights reserved.