Description
Die inhoud van hierdie kursus is ʼn samevattende en bygewerkte weergawe van David Kessler se boek, Finding meaning (2019). Kessler het saam met Elizabeth-Kübler-Ross gewerk en ook twee boeke saam met haar gepubliseer. Saam met die handleiding ontvang studente ook vier klankbane van die aanbieding van hierdie kursus. Die struktuur van die kursus sien soos volg daar uit:
DEEL 1: ELKE VERLIES HET BETEKENIS
HOOFSTUK 1: WAT IS SIN EN BETEKENIS
- Vroeë verliese
- Om betekenis te vind
- Is ons almal in staat om betekenis te kan vind?
HOOFSTUK 2: DAAR MOET ERKENNING GEGEE WORD AAN ROU EN HARTSEER
- Rou en verlies wat nie erken is nie
- Diegene wat op ʼn pragmatiese wyse rou
- Gemeenskaplike aksies van rou
HOOFSTUK 3: DIE BETEKENIS VAN DIE DOOD
- Betekenis deur middel van verhale
- Dood is nie die oorwinnaar nie
- Waaroor gaan sin en betekenis?
- Liefde wat voort leef
HOOFSTUK 4: DIE EERSTE STAP TEN EINDE BETEKENIS TE VIND
- Die betekenis van ons gedagtes
- Die wêreld buite ons verlies
- Om sin en betekenis te verander
- Reik uit na ander wat rou
HOOFSTUK 5: DIE NEEM VAN `N BESLUIT
- Aangeleerde hulpeloosheid
- Skuldgevoelens rakende lojaliteit
DEEL 2: UITDAGINGS RAKENDE DIE ROUPROSES
HOOFSTUK 6: OM BETEKENIS TE VIND IN DIE WAAROM
- Skuldgevoelens omdat jy oorleef het
- Om God te speel
- Geen alternatiewe opsies nie
HOOFSTUK 7: SELFDOOD
- As ek maar net
- Die stigma van selfdood
- Roetes onderweg na vryheid
HOOFSTUK 8: GEKOMPLISEERDE VERHOUDINGS
- Ons voltooi onafgehandelde besigheid
- Vergifnis
- Soveel moeiliker om te vergewe na ʼn gekompliseerde verhouding 60
- Huldeblyke moet realisties wees
HOOFSTUK 9: DIE VERLIES VAN ʼn KIND
- Die vraag rakende oorsaak of skuld
- Die impak van die verlies van ʼn kind op ʼn huwelik
HOOFSTUK 10: MISKRAAM EN DIE VERLIES VAN `N BABA
- Veranderinge binne die mediese wêreld
HOOFSTUK 11: GEESTESSIEKTE EN VERSLAWING
- ʼn Geveg teen die stigma
- Om betekenis te vind selfs na verslawing
DEEL 3: BETEKENIS
- HOOFSTUK 12: MEER LIEFDE AS PYN
- Om die pyn te konfronteer
- Konfronteer die storm
- Om in die liefde in te beweeg
- Drie stappe om die goeie te vestig en te onthou
- Moenie die mooi en positiewe vergeet nie
- Emosionele opwellinge
HOOFSTUK 13: `N NALATENSKAP
- Ons gee erkenning aan ons geliefdes deur ons dade
- Die nalatenskap van herinneringe
- Die nalatenskap van besittings
- Om aanlyn voort te leef
HOOFSTUK 14: DIE LEWE HIERNA
- Lewe na die dood
HOOFSTUK 15: ALLES HET VIR ALTYD VERANDER
- Die gebroke-hart-sindroom
- Betekenis deur middel van konneksie
- Terug na ʼn nuwe en verskillende normaal
- Herbou deur sin en betekenis






