PASTORALE BEGELEIDING TE MIDDE VAN COVID
Die begeleiding van persone te midde van die COVID krisis is tans uiters aktueel
Talle van die agtergeblewenes se ervaring is dat die dood hier voortydig en onnodig was
Dit hou onder andere verband met die feit dat normale rituele en gebruike heel dikwels nie kon plaasvind nie
Een van die gevolge van hierdie omstandighede is waarna verwys word in die literatuur as traumatiese rou of gekompliseerde rou
Vir talle persone was die komplikasies baie ingrypend: ʼn tiener meisie vertel byvoorbeeld dat haar visie aangetas is en sy toe ʼn bril moes kry – daarna is diabetes gediagnoseer en dokters het haar meegedeel dat sy ten minste vir die volgende 15 maande met die komplikasies van langtermyn-COVID gaan worstel.
DIE IMPAK VAN COVID INTERNASIONAAL
- Een uit elke vyf COVID-19 pasiënte binne drie maande met ‘n geestessiekte gediagnoseer
In een studie is daar gefokus op die gesondheidsrekords van 69 miljoen mense in die VSA, waaronder meer as 62 000 Covid-19-pasiënte. Hieruit blyk dat Covid-19 ‘n persoon se risiko om psigiatriese siektes te ontwikkel, verhoog
20% van diegene wat COVID oorleef > binne 90 dae ‘mental health problem’ soos angs, depressie of slapeloosheid – ook groter risiko vir demensie
Daar lê baie werk voor rakende pastorale begeleiding!
Persone met ‘n reeds bestaande psigiatriese siekte blyk ook ‘n 65% groter kans te hê om met Covid-19 gediagnoseer te word.
- Oorlewendes van COVID wat in die hospitaal behandel is, toon hoër aantal psigiatriese afwykings
Daar is ʼn historiese toename in terme van geestessiektes
Een studie toon dat meer as 50% van die oorlewendes van COVID aan ‘n geestessiekte ly ‘n maand nadat hulle uit die hospitaal ontslaan is – sluit in: PTSD, depressie, angs, slapeloosheid en kompulsiewe simptome.
In ‘n studie in Wuhan, China – 700 Covid-19-pasiënte getoets vir PTSD-simptome: 96% toets positief
Voor COVID het Suid-Afrikaners reeds met ʼn groot aantal faktore geworstel wat PTSD bevorder het: misdaad, plaasmoorde, ekonomie, politieke onsekerheid, ens.
SADAG (SA depressie en angs groep) ontvang voor Maart 2020 ongeveer 600 oproepe per dag – April verdubbel hierdie getal per dag: angs, paniek, finansiële druk, depressie, swak gesinsverhoudinge, selfdoodgedagtes en substans misbruik.
- Nuwe data oor die wêreldwye impak van geestesgesondheid as gevolg van COVID
ʼn Opname wat deur Sapien Labs uitgevoer is, is in agt Engelssprekende lande gedoen en het 49,000 persone ingesluit.
- Die jeug is die swaarste getref
Die afname in geesteswelsyn was oor die algemeen tot dusver die grootste by persone van die ouderdomsgroep 18 – 24 jaar, wie se gemiddelde MHQ-telling (mental health quotient) 29% laer was as dié van persone van 65 jaar en ouer. Wêreldwyd het 70% van die respondente in die kategorie van 65 jaar en ouer, geval in die kategorieë van ‘succeeding’ of ‘thriving’, vergeleke met slegs 17% van diegene tussen 18 en 24 jaar.
- Diegene met die hoogste risiko
Respondente wat onvoldoende slaap gehad het, geen sosiale interaksie nie, en by wie daar ook ʼn gebrek aan voldoende fisiese oefening was, het ook laer MHQ-tellings (mental health quotient) getoon van ‘onverwagte omvang’, vergeleke met hul eweknieë wat voldoende slaap, meer sosiale interaksie en meer oefening gehad het (‘n verskil van onderskeidelik 82, 66 en 46 punte op ʼn skaal van 1-100).
- Agteruitgang van skoolkinders se geestesgesondheid en akademiese prestasies
- Situasie binne SA skole
Janene de Beer, jeugwerker in Brakpan: 30 kinders by een skool in een week wat begrafnisse moes bywoon
Janene skets die volgende scenario:
Akademiese druk:
Die druk van die akademie veel erger is gedurende vorige jare.
Redes:
Departement van Onderwys skuif die rekord-eksamen na willekeur rond.
Dit plaas geweldige druk op onderwysers en veral die Matrieks.
Die rekord-eksamen word nou vroeër geskryf, nadat onderwysers gepleit het dat hul nie die datum moet skuif nie.
Daar is meer akademiese druk op die leerlinge, omdat onderwysers minder kontaktyd met hulle het.
Leerlinge is in 2 groepe opgedeel en gaan elke 2de dag klas toe. Een week is dit bv. die geelgroep wat op Ma, Wo en Vry skool gaan, en dan sal hul die volgende week net weer op ‘n Di en Do skool bywoon.
“Ek het nog nooit so baie leerlinge gekry om my te kom sien ivm swak skoolpunte nie. Daar was gewoonlik een of twee ‘n kwartaal, maar dit is nou n weeklikse instelling waar ek 2 of 3 sien wie se punte nie goed lyk nie of kinders wat druip.”
Hier is die probleem:
Kinders dink hul het “af” daardie dae wanneer hul nie skool gaan nie en ouers is nie streng genoeg nie.
Hul slaap laat, spandeer baie tyd op hul fone of speel playstation deur die dag, wanneer hul eintlik die huiswerk moet doen wat die onderwysers gegee het.
Ouers moet sorg dat hul kinders nie roetine verloor nie. Hul moet steeds op die nie-skoolgaande dae hul kind vroeg wakker maak om te eet, aan te trek, tande te borsel en dat hul kind werk aan sy/haar skoolwerk.
Kinders se lewens is op hierdie wyse besig om uit mekaar te val want hulle is die hele dag op hul fone of voor die TV en die dissipline van die verlede ontbreek
Skermtyd gaan uiteindelik die rede wees dat talle leerlinge druip – ek sien dit oor en oor.
[ʼn Berig deur die BBC: Optometriste in Engeland het aangedui dat hulle al meer kinders diagnoseer met die probleem van bysiendheid (miopie) sedert die begin van die pandemie.
Hulle skryf dit toe aan minder tyd wat buite spandeer word as gevolg van al die beperkende maatreëls en meer tyd wat voor skerms deurgebring word – verder ook as gevolg van ʼn daling in die aantal oogtoetse tydens die pandemie.
Die College of Optometrists het ʼn beroep op ouers gedoen om kinders buite te laat speel vir ten minste twee ure per dag aangesien die navorsing bevestig het dat dit die ontwikkeling van bysiendheid kan voorkom – daarmee saam ook hul kinders gereeld vir oogtoetse neem.]
Kinders het baie meer gewig aangesit as vorige jare
Ons personeel kom dit agter na elke ‘lockdown’ of vakansie.
Omdat daar ook nie sport is deur die loop vd jaar soos gewoonlik nie, word die kinders kompliseer dit hierdie probleem soveel te meer (kinders word lui en vet).
Hier is die dilemma:
Ouers dink dis die onderwysers se taak om toe te sien dat kinders moet slaag en dit is nie!
Onderwysers doen die beste wat hul kan met die druk waaronder die departement hul plaas. Onderwysers kan egter nie saam die leerling huis toe gaan en hulle huiswerk vir hulle spoonfeed nie.
Waar ouers sien dat hul kind nie gedissiplineerd is om op hul nie-skoolgaande dae hul huiswerk te doen nie, sal daar strenger maatreëls in plek moet kom.
Sit die wifi af – neem die foon weg (ten minste vir sekere tye) – prop die TV uit – steek die playstation weg. Sodra hulle klaar is met hul huiswerk kan hulle weer aanlyn gaan.
Moedig dus die kind aan om elke middag te oefen en steeds buitemuurse aktiwiteite te beoefen – kom weg voor die TV en probeer nie baie peusel nie – hulle peusel want hul is verveeld.
Ek sien ouers is te sag op hul kinders. Ouers moet NOU MEER AS OOIT STRENG WEES. En as dit konflik impliseer dan moet dit hanteer word want anders gaan Jannie en Susan hul skooljaar druip en daarmee saam ook ʼn vetsug probleem ontwikkel.
So ouers: Toughen up met tough love!
Die bose kringloop wat ek oor en oor sien:
Die kind is nie gedissiplineerd nie en raak agter met werk > hy begin toetse druip > dan begin hy klasse bank die dae wanneer toetse geskryf moet word > hy word uitgevang en hy en sy ma sit dan in my kantoor > en nou moet ons die situasie probeer red. Daar word nou gekerm by onderwysers maar onderwysers is moeg dat ouers hul smeek om hul kind te help om op datum kom (binne die konteks van die voorafgaande scenario).
Prof, ek het nog nooit so baie onderwysers sien huil nie. Die druk is te erg. Van hul wil bedank. Ek weet nie wat mens moontlik vir hulle kan sê nie.
Lys van kinders wat geliefdes verloor het sedert Nov 2020
- Kayla Rabie Gr.11 (Ma en Ouma) Nov 2020 en 2021
- Marco Oberholzer Gr.12 (Pa) 2021
- Justin Lenzeck Gr.12 (Ma) 2021
- Lee-Ann- Gr.10 en Melanie Kruger Gr.8 (Pa) 2021
- Xander Badenhorst Gr.8 (Ma en Oupa) 2020 en 2021
- Shaine Smith Gr.10 (Pa) 2021
- Lerushka Mostert Gr.12 (Ouma en Oupa) 2021
- Annalise Gr.8 en Joe Mynhardt Gr.11 (Ouma) 2021
- Rentia Labuschagne Gr.11 (Oupa) 2018
- Hesmarie Fourie Gr.10 (Pa, Oupa en Oom) 2020 en 2021
- Tamryn Botes Gr.10 (Ouma) 2021
- Simoné Pieterse Gr.9 (Pa) 2021
- Anton Nortja Gr.12 (Ouma) 2021
- Veronique Lombaard Gr.8 (Ouma en Oupa) 2021
- Milay Cornelius Gr.12 (Tannie) 2021
- Carla Gr.10 en Mieke Schõnveldt Gr.8 (Oupa) 2021
- Braam Le Roux Gr.12 (Tannie) 2021
Bovermelde is slegs die gevalle by die een Hoërskool wat ook die kleiner skool is.
Dit is skokkend hoeveel ouers wat nog vroeg in hul veertigerjare is, sterf
… alle normale ander sterfgevalle gaan ook steeds ook voort
Omdat die aantal gevalle wat deur die rouproses begelei moet word te oorweldigend geraak het, reël sy nou binnekort ʼn kamp vir alle kinders wat geliefdes verloor het
- Hoe kan die kerk help?
Janene van mening dat kerke soggens vanaf 08.00-14.00 fasiliteite beskikbaar kan stel waar kinders hul huiswerk onder toesig kan doen – daar kan selfs ʼn fooi gevra word – kindersorg gedurende die middae sou ook aan gedink kan word.
Dit sluit aan by soortgelyke voorstelle in die literatuur
David Bennett, besturende redakteur van HomeLife Magazine, sê dat die kerk
tans die beste geleentheid die afgelope eeu of langer het ten einde te kan uitgaan en waarlik kerk te wees.
Hy sê dat voorheen het kerke basies daarop staatgemaak om mense te trek deur middel van programme of aanbiedinge, maar nou moet daar konkreet uitgegaan word ten einde praktiese en geestelike hulp te verleen aan huwelikspare en gesinne, selfs al sou dit aanlyn gelewer word.
Maar dan spesifiek ook die moontlikheid van hulp aan te bied aan ouers en kinders wat aan die worstel is met aanlyn leerprogramme en sillabusse.
Sommige kerke het byvoorbeeld areas en ruimtes beskikbaar gestel waar plaaslike skoolkinders die kerk se internet (Wi-Fi) fasiliteite kan benut vir afstandonderrig.
Die kerk sou ook kon dink aan die organisering van tutors, mentors en begeleiers vir skoolkinders sekere dae van die week.
Die aanbied van eenvoudige hulpmiddele en praktiese hulpbronne vir pare en ouers kan ‘n langtermyn positiewe impak hê.
- SA Departemente van Gesondheid en Onderwys
Vanuit gesprekke met verskillende persone binne die Departemente van Gesondheid en Onderwys het onder andere die volgende na vore gekom:
Voor die aanvang van die pandemie was daar reeds ʼn verskeidenheid van negatiewe faktore wat kinders se liggaamlike- en geestesgesondheid negatief beïnvloed het:
- Misdaad
- Geweld teen kinders
- Seksuele teistering
- HIV-Vigs (400,000 huishoudings kinders aan hoof)
Kinders worstel met bekommernisse, honger, mis maats – 80%: elke dag hartseer (rouproses) – 20% behoefte aan bystand in terme van ‘mental health’
Die algemene scenario wat besig is om te ontwikkel is nie baie goed nie
- Tol wat VIGS reeds geëis het
- Daar was reeds duisende kinders wat sonder pa’s opgegroei het binne enkel-
moeder huishoudings (middestedelike problematiek)
- Vorige geslagte wat sonder pa’s in die tuislande opgegroei het.
- Een uit twee kinders is gemolesteer of verkrag
Omdat daar ook reeds soveel vorige verliese en trauma en krisisse in talle kinders se lewens was, het COVID meegebring dat talle van hierdie kinders hertrauma-tisering beleef ten opsigte van vroeëre onverwerkte trauma > aanduidings is ook daar dat PTSD ʼn beduidende faktor op die langtermyn gaan wees.
Die aantal versoeke om hulp deur kinders rakende angs, vrees en paniek het ook dramaties toegeneem.
- Situasie in skole in VSA
Talle gevalle van leerlinge wat aan depressie, eetversteurings, verwaarlosing en emosionele, fisiese of seksuele mishandeling ly – sou hulle voltyds in die skool kon wees dan sou daar gouer aandag hieraan gegee kon word.
‘n Paar weke nadat die skooldistrik van San Francisco verlede jaar na afstands-
onderrig oorgeskakel het met die hoop om die verspreiding van die CORONA virus te stop, het Kate Sullivan Morgan opgemerk dat haar 11-jarige seun skaars eet. Hy sal dae in die bed deurbring en na die plafon staar (Lesser, 2021). Die ma het toe saam met drie ander gesinne ‘n internet platform geskep waarop hul almal se kinders kon inskakel vir gesamentlike aanlynklasse. Dit het wel gehelp, maar haar oudste kind het steeds teruggetrokke gebly en min belangstelling getoon in sy stokperdjies, soos klavier speel en teken. Toe begin haar jonger seun, wat toe 8 was, om ook emosioneel totaal afwaarts te beweeg. Hy sou verskeie kere per uur op Zoom skree en huil, het sy gesê. Dit was alles baie erg en nie in ooreenstemming met sy persoonlikheid nie. Sy het gevolglik haar werk as ‘n prokureur binne die gesondheidsorg heelwat afgeskaal ten einde daar te wees vir haar seuns.
In Desember, terwyl skole in San Francisco nog gesluit was, het die gesin besluit om op te pak en meer as 1,700 km na Austin, Texas, getrek, sodat die kinders weer skooltoe kon gaan en daaglikse interaksie met hul vriende kon ervaar. “Kinders is veerkragtig, maar daar is ‘n breekpunt,” het Sullivan Morgan gesê. Hierdie skuif het meegebring dat beide haar seuns weer hul ou persoonlikhede en ook lewensvreugde terug gekry het.
Van die 74 skooldistrikte in die VSA wat gereageer het op ʼn vraelys, het 74% van hulle verskeie aanduidings van verhoogde spanning op die vlak van geestes-gesondheid onder skoliere gerapporteer.
Meer as die helfte het ook gewys op toenames in verwysings vir berading rakende geestesgesondheid.
Byna 90% van die distrikte het gewys op hoër getalle van afwesigheid by die skool en ook onbetrokkenheid.
Die spanning het nie net studente geraak nie aangesien 57% van die distrikte wat gereageer het, gewys het op ‘n toename in behoeftes vanaf onderwysers en ondersteuningspersoneel ten opsigte van emosionele bystand
- Moedig leerlinge aan om terug te keer
In die Somerset Independent School District suid van San Antonio, Texas, is skole in September 2020 heropen. Tog het een uit elke vyf studente in ‘n distrik wat hoofsaaklik kinders van minderheidsgroepe bedien, sedertdien vir virtuele onderrig gekies.
In hierdie distrik het die aantal selfdood-assesserings hierdie skooljaar verdubbel. Afwesigheid en onbetrokkenheid het veelvoudig toegeneem en verwysings na geestesgesondheid het verdubbel. Hierdie stygings is merendeels van toepassing op leerlinge wat aanlyn studeer en waarvan 75% akademies nie slaag nie.
EETVERSTEURINGS EN SELFDOOD NEIGINGS
- In die VSA het fases van sosiale afsondering 1kg per maand toegevoeg
Amerikaners het byna 1 kg per maand in gewig toegeneem tydens die COVID pandemie
Gewigstoename in die VSA was reeds voor die pandemie ʼn algemene probleem
- Opnames vir eetversteurings het verdubbel gedurende die pandemie
Opnames van adolessente met eetversteurings het meer as verdubbel gedurende eerste 12 maande van pandemie.
- ʼn Toename in selfdood pogings deur tienermeisies
Die aantal besoeke aan noodhulpdienste rakende geestesgesondheid deur adolessente, 12-17 jaar, het met 31% toegeneem vanaf 2019 tot 2020.
Die toename was die duidelikste onder jong meisies.
Tussen 21 Februarie en 20 Maart 2021 was die aantal besoeke aan nooddienste vir vermeende selfdood pogings ongeveer 51% hoër onder meisies, 12-17, as gedurende dieselfde tydperk in 2019.
Onder seuns van 12-17 het dieselfde besoeke met 4% toegeneem
- Nou is die tyd vir aksie
Verder beklemtoon die resultate van hierdie navorsing die deurslaggewende rol van sosiale verbintenis as ‘n beskermende faktor teen selfdood.
In die Nuwe Testament kom die woord ‘mekaar’ 85x keer voor en in meeste van hierdie gevalle is dit van toepassing op ʼn positiewe interaksie en ondersteuning van mekaar.
Navorsing het ook bevestig dat ‘n gevoel van behoort tesame met ʼn sosiale verbintenis die fisieke, geestelike en emosionele welstand van mense verbeter. Almal kan ‘n rol vervul ten einde daar te wees vir mekaar en om veerkragtigheid te bou.
DIE ONGEMAK WAT JY VOEL, IS HARTSEER EN ROU (KESSLER)
Talle persone beleef in ʼn tyd soos hierdie die emosies van hartseer en rou, alhoewel hulle dit nie noodwendig besef nie.
As ons die emosie ʼn naam kan gee dan kan ons dit moontlik ook beter bestuur.
In hierdie verband gee David Kessler goeie praktiese riglyne
- Mense beleef tans baie emosies. Gaan dit hier ook om ʼn rouproses?
Kessler: Ja, en ons ervaar verskillende vorme van rou en hartseer. Ons ervaar dat die wêreld verander het en dit het inderdaad verander. Ons weet dat dit tydelik is, maar dit voel nie so nie, en ons besef dat sekere dinge vir altyd anders sal wees.
Die verlies aan normaliteit; vrese met betrekking tot ekonomiese implikasies en ook die verlies aan kontak en konneksie met ander – dit alles tref ons tans en ons is besig om gesamentlik en kollektief te treur daaroor.
Ons is egter nie gewoond aan hierdie soort kollektiewe hartseer in die lug nie.
- Jy het gesê dat ons tans meer as een tipe rou ervaar?
Ja, ons ervaar ook antisiperende rou. Antisiperende hartseer is daardie gevoel wat ons ervaar aangaande ʼn onsekere toekoms.
Dit hou gewoonlik ook in besonder verband met die dood.
Ons ervaar gewoonlik hierdie selfde emosie wanneer iemand ‘n ernstige diagnose kry of as ons die normale gedagte het dat ons eendag ‘n ouer sal verloor. Antisiperende hartseer hou dus breedweg verband met die toekoms en moontlike storms wat onderweg is en iets slegs wat daar buite aan die broei is.
Met betrekking tot iets soos ‘n virus is hierdie soort hartseer uiters verwarrend vir mense.
Ons primitiewe denke weet dat iets sleg aan die gebeur is, maar jy kan dit nie sien nie – in die proses ervaar ons ʼn verlies van veiligheid.
Individueel en as kleiner groepe het mense hierdie ervaring en dit is alles nuut en oorweldigend.
Ons kan verder sê dat ons dus treur op mikro- en makrovlak.
- Wat kan individue doen ten einde al hierdie hartseer te hanteer?
Dit bied ʼn goeie vertrekpunt om die verskillende fases van die rouproses te verstaan.
Hierdie fases is egter nie lineêr en vind dus nie vir elke persoon in presies dieselfde volgorde plaas nie.
Dit dien dus nie as ʼn presiese roete-kaart nie maar kan eerder beskryf word as die steierwerk vir die navigering van hierdie onbekende wêreld.
Aanvanklik is daar ontkenning: hierdie virus gaan ons nie beïnvloed nie.
Dan is daar woede: jy dwing my om tuis te bly en jy beroof my van my aktiwiteite. Dan volg onderhandeling: OK, indien ek vir twee weke sosiale afstand handhaaf dan gaan alles beter wees, nie waar nie?
Dan volg hartseer: ek is moedeloos want ek weet nie wanneer dit alles sal eindig nie.
En dan uiteindelik volg aanvaarding: hierdie dinge is inderdaad besig om te gebeur en ek sal moet uitvind hoe om alles te hanteer en te bestuur.
Die werklike krag lê in hierdie laaste punt van aanvaarding – ons ervaar dat ons beheer verkry deur te aanvaar – ek kan my hande was – ek kan ‘n veilige afstand behou – ek kan leer hoe om aanlyn te werk.
HARTSEER EN VERLIES IN DIE TYD VAN CORONA
- Om op jou eie te treur oor jou verlies
Geliefdes word vanweë openbare gesondheid van mekaar geskei, terwyl hul emosionele en sielkundige behoeftes verontagsaam word. Die moontlike verspreiding van die siekte is dus veel belangriker as ʼn behoorlike rouproses.
- Om alleen deur jou hartseer te werk
As gevolg van hierdie toedrag van sake sal talle ervaar dat die verskillende fases van die rouproses vir hulle saamgepers word in die woede-fase omdat hulle nie toegelaat word om by hul sterwende geliefde te mag wees nie.
Persone moet gehelp word om hierdie woede te kan ventileer.
Hierdie is nie ‘n tyd om jouself te probeer wees met ʼn masker op nie, want jy is nie jouself nie.
Hou ook in gedagte dat gesondheidsorgwerkers jou nie met hierdie proses sal kan help nie.
- Om te treur terwyl daar geen begrafnis is nie
Hierdie verloop van omstandighede open inderdaad die deur vir gekompliseerde en getraumatiseerde rouprosesse waar die uiteindelike herstel en heling soveel langer gaan neem en in talle gevalle ook veel meer langtermyn begeleiding en berading gaan vereis.
PRAKTIESE RIGLYNE AANGAANDE PATOLOGIESE, GEKOMPLISEERDE OF TRAUMATIESE ROU BY KINDERS
‘n Kind kan traumatiese rou (childhood traumatic grief) ervaar wanneer dit byvoor-beeld iemand is wat sterf wat vir die kind baie belangrik is en die persoon se dood deur die kind as baie traumaties ervaar word.
Die dood sou skielik en onverwags kon wees (deur byvoorbeeld geweld of ‘n ongeluk). Dit sou ook geantisipeer kon gewees het, byvoorbeeld deur siekte of natuurlike oorsake – daar is egter gewoonlik die traumatiese impak van ‘n baie intieme band wat verbreek is.
Die onderskeidende kenmerk van traumatiese rou by kinders is die feit dat die trauma simptome verhinder dat die kind deur die tipiese roufases kan beweeg.
Die die kind ervaar ‘n kombinasie van trauma en hartseer simptome wat so intens kan wees dat enige gedagtes of herinneringe (selfs aangename herinneringe) aan die persoon wat gesterf het aanleiding kan gee tot vreesagtige gedagtes, beelde en/of herinneringe aan hoe die persoon gesterf het.
Vervolgens ‘n aantal praktiese riglyne ter begeleiding van kinders in hierdie verband:
- Voorskoolse kinders
- Al is ek baie jonk mis ek die persoon en raak ek baie hartseer.
Leer my om oor my gevoelens te praat met woorde. Sê vir my dat dit in orde is om hartseer te wees en dat jy ook soms hartseer is. Wees versigtig om nie te ontsteld te raak naby my nie aangesien dit my bekommerd sal maak.
- My gevoelens verander dikwels. Soms is ek hartseer en soms geniet ek dit om plesierig te wees.
Probeer net om my te verstaan en sê dan vir my dat jy verstaan hoe ek voel.
- Ek verstaan dit nie dat wanneer iemand doodgaan is hulle vir altyd weg en kom nooit weer terug nie.
Herinner my op ‘n rustige manier dat die persoon nie weer kan terug kom nie – selfs al sou ek oor en oor vra. Moenie dinge aan volwassenes sê wat my sal bangmaak of my sal verwar nie omdat ek jou wel hoor selfs wanneer jy dit nie besef nie.
- Soms is ek bang dat ek sal doodgaan of dat jy nie sal terugkom as jy êrens heen gegaan het nie. Ek sou dan huil en aan jou vasklou wanneer dit slaaptyd is of wanneer ek kleuterskool toe moet gaan.
Vertel aan my dat jy sal sorg dat ons veilig is. Vertel my dat wanneer jy êrens heen moet gaan jy altyd weer sal terugkom en gee vir my ‘n foto’tjie of ‘n briefie in my skoolsakkie wat my sal herinner dat jy sal terugkom. Herinner my dat ek altyd ‘n bietjie beter sal voel wanneer ek my teddiebeer of my kombersie vertroetel. Help my om te ontspan wanneer dit slaaptyd is deur vir my stories te lees of na musiek te luister.
- My ontstelde emosies kan na vore kom in die vorm van fisiese reaksies soos maagpyne en hoofpyne of as gedragsprobleme soos om nie te luister nie of om te baklei. Soms sal ek soos ‘n babatjie reageer deur my duim te suig of om my bed of my klere nat te maak.
Help my om dinge te doen wat my kalmeer en my gewone roetine en aktiwiteite weer gevestig kry en om ook weer plesier (fun) te kan ervaar.
- Soms speel ek oor en oor hoe die persoon gesterf het (wanneer ek my speelgoed motortjies teen mekaar laat bots of speel dat die skelms doodgeskiet word) om dit te probeer verstaan.
Help my om die dood te verstaan deur woorde wat ek kan verstaan. Vertel my die waarheid op ‘n eenvoudige manier sonder detail wat my bangmaak. Moenie dat ek foto’s of beelde sien van wat gebeur het indien dit voorbladnuus sou wees nie.
- Ek gaan miskien nie wil praat oor die persoon wat gesterf het nie omdat dit vir my te moeilik is of omdat ek nie wil hê dat jy moet huil nie.
Moenie kwaad word as ek nie nou al wil praat oor die persoon wat gesterf het nie.
- Ek gaan moontlik nie daarvan hou om dinge te doen of plekke te besoek wat my kan herinner aan die persoon wat gesterf het nie.
Sê vir my dat jy verstaan dat dit op hierdie oomblik vir my nog te moeilik is om sulke dinge te doen. Sê vir my dat dit nie altyd in die toekoms so moeilik sal wees nie.
- Ek mag moontlik dink dat die persoon wat gesterf het nie weer terug kom nie omdat hy/sy dalk kwaad is vir my of dat dit my skuld was. Ek kan ook bekommerd wees dat as ek iets verkeerd doen (deur byvoorbeeld nie die reëls na te kom nie) iemand anders dalk ook kan sterf.
Gee my opnuut die versekering dat die persoon se dood nie my skuld was nie en dat niks wat ek gedoen het daartoe bygedra het nie. Verduidelik aan my dat die persoon wat oorlede is my liefgehad het en dat hy/sy sou wou terugkom as hulle kon, maar wanneer mense sterf dan kan hulle nie weer terug kom nie.
- Ek mag dalk bekommerd wees dat ek nie meer sekere dinge kan onthou van die persoon wat oorlede is en wat ons alles saam gedoen het nie.
Hou foto’s byderhand van die persoon wat oorlede is vir my om na te kyk. Vertel aan my stories/verhale van hierdie persoon en help my om ‘n ‘geheueboek’ (memory book) te skep sodat ek hierdie persoon in my denke en in my hart kan hou.
INDIEN ONVOLDOENDE OF GEEN RITUELE, SKEP NUWE RITUELE
- Hou weer ʼn begrafnis ritueel
. ʼn Leraar moes sy broer begrawe en kon gevolglik nie uiting gee aan sy emosies nie omdat hy sterk moes wees ter wille van al die ander – hy worstel agterna met depressie en onverwerkte rou – agterna het hy weer ʼn mini-begrafnis gaan hou by sy broer se graf en kon toe uiting gee aan alle onderdrukte emosies en klaar al die negatiewe simptome op
. ʼn Seun se pa is vermoor en daar kon nie ʼn begrafnis plaasvind nie – hy raak depressief en sy skoolpunte val – nadat die leraar ʼn ‘begrafnis’ reël waar hulle foto’s en ʼn brief aan sy pa en ʼn klein houtkruisie begrawe en deur ʼn normale maar eenvoudige begrafnis ritueel werk, klaar die seun se depressie op en verbeter sy akademie radikaal.
- Rolle spel en leë stoel tegniek
- Die skryf van ʼn brief aan die oorledene en dit dan kom voorlees vir die berader
- Skryf van ʼn joernaal
- Skep van ʼn collage
- Helium ballonne vrylaat met briefies aan wat boodskappe bevat aan die oorledene
- Die plant van ʼn boom ter herinnering
- Die aanlê van ʼn groentetuin of blommetuin