Die struktuur van hierdie kursus is kortliks soos volg:
Hfst 1: Pastorale implikasies van die liggaam/denke verbintenis
‘n Bespreking van die geweldige sterk invloed wedersyds tussen liggaam en denke
Hfst 2: Die rol van breinbeserings met betrekking tot pastorale berading
Hier gaan dit om die baanbrekerswerk van dr Daniel Amen op die gebied van breinskandering en die implikasies wat dit het vir pastorale berading
Hfst 3: Pastorale implikasies betreffende die noue wisselwerking tussen liggaam, gees en siel
Hierdie hoofstuk is basies ‘n samevatting van die belangrikste aspekte wat behandel word in die uiters belangrike boek, Blue Genes, deur dr Paul Meier et al.
Hfst 4: Liggaamlike probleme as moontlike uitvloeisels van onverwerkte trauma
Hierdie is ‘n weergawe van ‘n artikel wat ekself en Dr Hennie Kotze geskryf het, wat in kort ‘n samevatting is van sy M-verhandeling wat gegaan het oor die verband tussen onverwerkte trauma en liggaamlike probleme.
Hfst 5: Die impak van intergeneratiewe trauma
Die inhoud van hierdie hoofstuk is gebaseer op ‘n gepubliseerde artikel van my wat handel oor die geweldige impak van een generasie se onverwerkte trauma op ‘n volgende generasie – in besonder ook wat betref liggaamlike probleme.
Die kursus sluit ‘n handleiding en ‘n stel CD’s in. Klik op die volgende skakel ten einde die struktuur van hierdie kursus te sien:
Course Curriculum
Course Reviews
No Reviews found for this course.